LOCAL CHURCH | BEREAVILLE

LOCAL CHURCH

Bereaville

OORSIG / GESKIEDENIS

 

1995 – 1998

Sr. Henna Sauls word  lidmaat van Volkskerk, Genadendal. As kind en Sondagskool-onderwyseres. Sy word later tot Diakenis op die Kerkraad verkies en behou haar lidmaatskap. Later verlaat ek, W.J. Sauls, die Moraviese Kerk te Bereaville en aanvaar lidmaatskap te Volkskerk, Genadendal. Diak.W,J. Sauls, sy vrou, Diak. H. Sauls, Diak. M.J. Claassen, Diak. I. Fourie en ander Volkskerk diakens dien op Kerkraad van Volkskerk(S.A) te Genadendal. Later word diak. W.J. Sauls as O/Voorsitter van die Volkskerk gekies.Ons kom later tot bekering in die Kerk, maar bly aan as Kerkraadslede.

 

1994 – 1995

Diak. Henna Sauls kom tot bekering en word deur die Heilige Gees uit die Volkskerk gelei. Sy maak kennis met Oudl. Moos Bosman en sr. Maria Bosman, volwaardige lidmate van KERK VAN GOD, BOTRIVIER/KLEINMOND. Oudl. Moos  en sr. Rina (past. Theunissen se suster op Genadendal word op daardie tydstip steeds deur PAST. THEUNISSEN EN PAST. MITCHELL besoek en is dikwels deur past. Theunissen kom haal om vergaderings en dienste van Kerk van God by te woon. Past. Mitchell het ook Avondmaal aan huis van die Bosman-gesin kom bedien.

Sr. Henna Sauls, Oudl. Moos en sr. Maria Bosman begin om saans weeksaande huisbidure onder die naam “KERK VAN GOD” in BEREAVILLE te hou.  Sondae besoek hulle drie eredienste by ander Pinkstergemeentes te Genadendal, terwyl diak. Sauls, Claassen en Fourie hul pligte in Volkskerk, Genadendal nagekom het.   

 

JULIE/AUGUSTUS 1995

By juis so ’n biduur (Sr. H. Sauls, Sr. Maria en Oudl.Bosman)een Donderdagaand te Kerkstraat, Bereaville, aan huis van die September-gesin, besoek OUDL. DU TOIT en EVG. J. MEMANIE hierdie biduur op soek na die O/Voorsitter van Volkskerk, Diak. W.J. SAULS, om ’n Evangelisasieveldtog in die Volkskerk te reël LET WEL: IN DIE VOLKSKERK.

 

SEP. 1995 tot AUG. 1996

 

’n Week voor die Veldtog sou begin, word die aansoek om die dienste in Volkskerk te hou, gekanselleer en word opelugdienste verskuif na “veldtjie” in Klippiestraat, Genadendal. Opelugdienste vind vir drie weke plaas onder toesig van OUDL. BOSMAN en SR. HENNA SAULS. Evangelisasiegroep onder leiding van EVG. KAREL DE BRUYN, gaan tuis by SR. RINA – lidmaat Kerk van God en suster van past. Theunissen. Etes word deur sr. Henna gereël en voorsien.

Dienste word bygewoon deur pastore De Bruyn, Theunissen, Buys en die Moderator, (wyle) Past. M. Sauls. Laasgenoemde kom tuis by sr. Henna op Bereaville.

Diakens Sauls, Claasen en Fourie, nog steeds op Kerkraad van Volkskerk besoek by tye die opelugdienste. Die aand van die afsluitingsdiens het past. De Bruyn ons gevra of ons(Sauls, Claassen en Fourie) nie bereid sal wees om Oudl. Bosman en Sr. Henna Sauls behulpsaam te wees met die nuwe bekeerlinge nie. Diak. Sauls, Claassen en Fourie bedank by Volkskerk, Genadendal en stel hulle bereidwillig om behulpsaam te wees.

Eerste Erediens onder KERK VAN GOD word die Sondag aan huis van Diak. I. Fourie te Marsveldtstraat, Genadendal, gehou.

 

Eredienste word om die beurt Sondae te Genadendal en Bereaville gehou. Pastore Buys en De Bruyn kom besoek gereeld die Gemeente en vergaderings word gehou om die nodige strukture in plek te

 

25 AUGUSTUS 1996

SATERDAG, 24 AUGUSTUS 1996, word die EERSTE VOLWAARDIGE KERKRAAD BY EERSTE AMPTELIKE GEMEENTEVERGADERING IN LRSHMIDT-LAERSKOOL, GENADENDAL, GEKIES ONDER LEIERSKAP VAN OUDL. MOOS BOSMAN. KERKRAAD: OUDL. M. BOSMAN, OUDL.J. CLAASSEN, DIAK.I. FOURIE, EVG. W. SAULS. Oudl. Claassen word as Ouderlingleier aangewys. SR. HENNA SAULS WORD AMPTELIK TOT MOEDERLEIDSTER VERKIES.

By Afstigtingdiens, SONDAG, 25 AUGUSTUS 1996, teken gemeente beswaar aan dat Oudl. Claassen nie deur die gemeente as leier verkies is nie. Past. De Bruyn vra dat ter wille van vrede Oudl. Moos voortgaan met sy leierskap. By daaropvolgende Kerkraads- en gemeentevergadering rig Oudl. Moos versoek dat weens hoë ouderdom hy nie al sy pligte kan nakom nie, Oudl. Claassen die leierskap moet oorneem. Hierdie versoek is voorwaardelik aanvaar.

 

1997 – 1998

Ons eie poniekoerant/nuusbrief genaamd “SOUTPOTJIE” verskyn in JANUARIE 1997 en word by ons Genadendal/Bereaville se EERSTE KERK VAN GOD-saamtrekdiens te WORCESTER versprei.

In FEBRUARIE 1997 word kerkgrond te WENTZELSTRAAT, BEREAVILLE, aan KvG toegeken. Past. Buys en De Bruyn besoek die erf. Die ligging van erf was nie na wense nie en word daarvan afstand gedoen.

Op SONDAG, 14 MEI 1997, vind ons EERSTE TOEWYDINGS- en INSEëNINGSDIENS deur PAST. JOHANNES BUYS in die gemeenskapsaal te BEREAVILLE plaas. SES kinders word toegewy en Diak. MARIUS BOSMAN word as Proefdiaken ingeseën

 

 

1999 – 2000

 

Aansoek word gedoen om kerkgrond te Genadendal. ERF 1999  word teen R30 000  aan KERK VAN GOD toegeken en gekoop. Kerkraadsvergadering onder toesig van Past. Buys en De Bruyn vind op VOORSTEKRAAL aan huis van Diak. Karel Damon plaas.

Dieselfde jaar word kerkgebou van Volkskerk te Bereaville in mark geplaas teen R30 000. Weens jarelange verbintenis van SR. HENNA SAULS by Volkskerk  kry KERK VAN GOD eerste opsie om te koop. Na onder handeling word die gebou in 1999 aangekoop. PAST. PAT VAN WYCK neem die leiding in die koopkontrak.

Huisdienste word alternatiewelik te Bereaville en Genadendal gehou.

 

2000

Asgevolg van onderlinge geskille vind skeuring tussen die gemeente Bereaville en Genadendal plaas. Op aandrang van oudl. Bosman word aansoek gedoen dat BEREAVILLE onder konsulentskap van PAST. J. MITCHELL van BOTRIVIER  geplaas word.

Aansoek word goedgekeur en by Algemene Raadsvergadering te Vredenburg in 2000 word EVG. W. J. SAULS op versoek van OUDL. MOOS as OUDERLINGLEIER te BEREAVILLE aangestel.Moderatuur [MODERATOR SAULS, PAST. PAT VAN WYCK en PAST. MARAIS] besoek gemeentes om kwessie rondom afstigting en finansies op te los. Teleurstellend besoek agbare lede EERS die gemeente te Genadendal vir oggenddiens waar aangeleentheid vooraf met drie Kerksraadslede bespreek is.

 

2000 – 2005 

In Desember 2004 vind ons eerste diens in  die herboude gebou plaas waar Past. JOHN MITCHELL en EVG.HANSIE JACOBS die diens waarneem.In Mei 2005 breek die groot dag aan. KERK VAN GOD, BEREAVILLE, bekom Gemeentestatus en die gebou word amptelik ingewy. 

 

Soete herinnerings van daardie heuglike dag in die geskiedenis van ons kerk te BEREAVILLE.

 2010

Evg. Emzett Sauls word as wnde. Leier aangewys. Past. Sauls tree op 31 Oktober 2017 uit die Onderwys. Die gemeente doen aansoek by die Moderatuur dat hy aanbly as Leier totdat sy termyn op die Moderatuur verstryk.

 

Weekly Program

Sundays 9.00              Morning Service

Tuesday  19.00             Evening Service

Youth

Friday   18.30

Sundayschool

Sunday   9.00

Contact

Leader of COG Berea

WILLIAM JAMES, JOHANNA W.W.

Past leaders

 

Churchboard

Evg. Daniël Filander, Evg. Emzett Sauls, Diak. Ernest August, Diak. Joan August, Diak. Marianne Roman, Juf. J. Sauls (Moederleidster en Add. Lid)

Gallery

Subscribe And Tell Us About Your Journey

Scroll to Top