LOCAL CHURCH | BOTRIVER

LOCAL CHURCH

Botriver

Gustav en Paulina Cornelius het in 1947 in Botrivier gearriveer en hul eerste bediening begin vanuit hul eie woning, vanwaar hulle die evangelie verkondig het. Later was grond aan suster Paulina Cornelius toegeien deur Bishop Amsterdam op versoek (Bishop Amsterdam) dat daar ‘n gebou ter ere van God op die grond opgerig moes word.

 

Die egpaar het toe besluit om ‘n plek van aanbidding op die grond te bou en in 1951 het hulle spoedig begin met die oprig van die kerkgebou. Danksy harde werk deur die Cornelius-egpaar, asook geliefdes soos Piet Swarts , Petrus Cloete, Paul Fischer kon die kerkgebou op 25 September 1952 sy deure open onder die naam: Maranatha (Akasia straat 2).

Maranatha gemeente, onder leiding van Pastoor Gustav Cornelius het toe besluit om die kerk te registreer onder Kerk Van God SA in 1956 en hy is ingehuldig as pastor op Sondag, onder die vaandel van Kerk Van God SA( Botrivier Takgemente ).

In 1965 het die Peters egpaar die bediening oorgeneem en onder sy leiding het die evangelie begin versprei na Nuweberg (Elgin) en Kleinmond en kerkgroei was aan die orde van die dag. In 1976 het verskillende departemente ontstaan naamlik; Sondagskool, Jeug en kerkraad. Met die skielike heengaan van Pastoor FJ Peters in 1981, het die Arendse egpaar oorgeneem as ouderlingleierspaar by Kerk van God Botrivier. Pastoor Henry Nicholas Arendse is in 1985 geordeneer as pastoor.Tydens Pastoor HN Arendse se dienstydperk was opelugdienste as prioriteit om sodoende die evangelie te versprei oor die Overbergstreek en die vrugte was daarvan gepluk ,waarvan daar geboorte gegee was aan verskeie takke naamlik , onder ander Bereaville.

Op 30 Maart 1997 het die Mitchell egpaar oorgeneem as ouderlingsleierpaar te Kerk van God Botrivier en Pastoor JM Mitchell geordeneer as pastor op Sondag. 1 Maart 1998 deur Pastoor M. Sauls.
Gedryf deur die Heilige Gees het Kerk Van God Botrivier se ledetal gegroei vanaf 20 na ongeveer 100 lede, asook verskeie takke is gebôre onder andere: Caledon en Grabouw

Op 1 Junie 2000 is daar begin met aanbouing aan die kerkgebou. Die eerste struikelblok was die groot Jacaranda boom wat die projek vertraag het. Daarna was dit die kragkabel wat oor die pad geloop het wat ook moes verskuif word. Vir byna twee jaar was die kerkgebou sonder elektrisiteit a.g.v. die kragkabel en dienstye moes daar van die Cloete en die Barry familie se krag gebruik gemaak word, maar steeds het die werk van die Here voortgegaan.

Dit het ook baie van die kerkraadslede en gemeente se moeite en aandag geverg maar deur dit alles was hulle pligsgetrou teenoor die verpligtinge by die kerk. Baie van die lede was sonder ondervinding en baie het uit hul tydelike werke gekom en nog steeds hul hulp verleen om sodoende die gebou te voltooi soos wat dit vandag lyk.

KVG BOTRIVIER se betrokkenheid tot die gemeenskap van Botrivier is groot en die kerkgebou word oopgestel vir verskillende bedrywighede en die kerksaal word selfs gebruik deur verskillende dinominasies. Tans bedryf die kerk ook ‘n sopkombuis wat voorsiening maak van kosse vir die minderbevoorregtes in die gemeenskap selfs, asook aan die lidmate van KVG BOTRIVIER (weduwees,wewenaars en enkelouers)
KVG BOTRIVIER beskik tans oor 82 aktiewe lidmate asook verskillende departemente naamlik; Susters, Sondagskool en Jeug met sy Kerk raad.

Previous Leaders

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Started

Lorem ipsum dolor sit amet

Finished

Lorem ipsum dolor sit amet

Contact

Leader and Spouse

Churchboard

VOORSITTER: PASTOOR JM MITCHELL & JUFFROU O MITCHELL
0/VOORSITTER: PASTOR JOSEPH NUCO & JUFFROU DELORIS NUCO
SEKRETARIS: BR JOHN ISAACS
HULP SEKRETARESSE: ELAINE CLAASEN
KASSIER: JUFFROU OLGA MITCHELL
HULP KASSIER: HENRY KOOPMAN
OUDERLINGE: MORNE LESLEY OCKTOBER, CHARLES PIETERSE, CHRISTO DOURIE, HENRY KOOPMAN
EVANGELIS:
DIAKENS: NICO KAPTEIN, FLOORS PRINS
SIST ELAINE CLAASEN, SISTR HELEN ROOS
JEUG: OUDERLING CHARLES PIETERSE
SONDAGSKOOL: SUSTER CHANTAL KAPTEIN
SANGERES SUSTR SONIA GEORGE
ORKES: BROTHER BRANDON HENDRICKS

Gallery

Subscribe And Tell Us About Your Journey

Scroll to Top